Hunted offline?

Dag se, Hunted link dalk af?

Hoekom? Wat kry jy as jy trace?

@tj007 On command line run these and paste output here.
tracert 172.18.1.1

tracert 172.18.1.11

tracert 172.18.1.5

tracert 8.8.8.8

NSLOOKUP
On the command line run these and paste output here.
nslookup www.ctwug.za.net 172.18.1.1
nslookup www.ctwug.za.net

Jis skuus man het aangekom en weer af, ek het nou weer gescan en kan CTWUG - Hunted - 5.8 N Panel
sien, maar nie die normale link waaraan ek gekonnekteer het nie, iets dalk verander ?

Hunted Sector vertoon weer vanoggend en connected
Tracert 172.18.1.1
Hop 1 Reply op 172.26.24.134 (RB)
Hop 2 28ms Reply op 172.26.24.30 (Hunted)
Hop 3 - TO
Hop 4 - TO
Hop 5 - TO

en weer searching for network, is daar enige admins wat kan kyk of hunted sector ok is? wil graag net weet voor ek nou op die dak begin klim en pale skuif?

en met die opklim dink ek iemand se boom het oornag gespurt…sigh ***fml… sien nou hunted sector -88 eish… 10 ccq… sal maar paal af haal en scan van n ander kant op die dak …

Hallo Almal… en @tj007

Ek het gister heelwat boodskappe gekry van probleme, maar kom eers vanoggend 00:30 se kant kyk daarna. Was heeldag met werk goed besig. My RB was gevries en ek het dit toe hard reboot gedoen en als het ok gelyk…

Maar ongelukkig is dit nie al probleem nie. @Kharnyge het laat weet sy sein is baie swak en toe ek by die huis kom sien ek dat my bracket heeltemal gebuig is en dat die hele paal in verkeerde rigting wys.

Ons is besig met bouwerk by my huis en dit wil vir my voorkom toe hulle die nuwe dak op gesit het, dat die bouers my goed gebreek het.

Daar is egter nie veel wat ek kan doen nou nie, want ek het dit nou eers gesien toe ek by die huis kom.

Sal kyk hoe vinnig ek die goed reg gemaak kan kry.

Jammer vir die ongerief.

2 Likes

ooo shit, sorry hunted… wou nie pla nie, laat weet as ek kan kom help met iets nuwe paal etc. net gewonder of iets fout was, het vanmiddag wou kom stop met bier vir jou, lol ma my vrou het my geskel en gese subscribe ma vir netflix. lol

Shout if u need something bud, and baie dankie vir die update weereens

2 Likes

Gil as jy hulp nodig het

Môre Almal…

My RB het gedood gisteraand… Ek reken daar het seker water ingekom in die “aging” equipment wat ek het…

Ek reken ek sal afwees vir ñ rukkie.DIt mag dalk selfs permanent wees, afhangende van die skade.

Kom ons kyk hoe lyk dinge as dit droeër word.

Dankie vir die laat weet

Ek het moontlik spaar RB as jy soek, ek het self ma antenna gedrop vir eers het … sien kom

1 Like

Hi almal.

Na die dood van die RB het die wind die een deel van die bracket uit die muur geruk en die bracket gebuig.

Ek het gesukkel, maar uiteindelik die paal gesak gekry tot op die grond, maar nog soort van vas aan die een bracket.

Vir nou is als eers in sy tjops. Sal nou moet oorweeg wat gedoen moet word. As ek gaan fix sal ek lattice mast dalk nodig hĂŞ van so 9 meter om ordentlik teen die huis vas gemaak te word.

Dit sal egter als oor die koste gaan. As julle van iets weet wat beskikbaar is laat my gerus weet.

Middag Almal.

My Paal is weer vas gemaak en die wat nog wil kan connect…

Is slegs tydelike reëling vir nou.

Jammer vir die wag.

Groete,
Jaco

1 Like

Dankie hunted… ek kyk al sabc…

Sal my paal ook weer lig

Het jy nog iets nodig hulp… skreeu net